14 dae gelede
MSC-vaarte tydelik opgeskort
Vaarte op die MSC Musica is tot November opgeskort.  ~ Argief

MSC Cruises het hul plesiervaarte tot minstens November opgeskort.

Passasiers wat deur die besluit geraak word, word vouchers aangebied vir die volgende vaartseisoen wat tot April 2022 loop.

MSC sê hulle werk sedert Maart 2020 met Suid-Afrikaanse owerhede saam oor veiligheidsprotokols. Hulle wag egter steeds vir goedkeuring om weer met vaarte te begin.

Die maatskappy, wat weens 'n vinnig groeiende aanvraag sy kapasiteit die afgelope paar jaar in Suid-Afrika verhoog het, sê hulle kan nie langer wag nie en het die moeilike besluit geen om bedrywighede tot volgende somer stop te sit.

MSC beplan wel om aan die einde van 2021 twee nuwe passasierskepe in Suid-Afrika te hê. Die MSC Lirica wat vanuit Kaapstad vaar en die MSC Musica vanuit Durban.

Hulle is ook die hoofbelegger van 'n R200 miljoen ontwikkeling van 'n passasierterminaal by die Durbanse hawe. - Business Insider South Africa


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters