7 dae gelede
Moseneke: Stel verkiesing uit
Afgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke.  ~ Argief

DIE plaaslike verkiesing wat vanjaar in Oktober sou plaasvind, moet uitgestel word.

So het Dikgang Moseneke, afgetrede adjunkhoofregter, in sy ondersoek bevind oor of die verkiesing vry en regverdig kan geskied. 

"Ons neem kennis dat die verkiesing binnekort gehou moet word, maar nie ten koste van enige lewens nie," het Moseneke gesê.

"Die kundiges se bewyse sê ons gaan heel moontlik baie lewens verloor as ons nie ten minste 'n sekere vlak van kudde-immuniteit bereik nie."

Moseneke het aanbeveel dat die verkiesing regverdig en veilig sal wees as dit nie later as Febuarie 2022 gehou word nie.

Hy het verwys na lande soos Amerika, Indië en Brasilië wat verkiesings tydens die pandemie voortgesit het.

"Die getal steftes tydens dié verkiesings is steierend. Iets wat ons nie vir onsself en ons land wil hê nie."

Kundiges het aan hom uitgewys dat lang rye, veldtogte voor verkiesings en groot samekomste, veral op verkiesingsdag, tot 'n skerp styging in Covid-19-gevalle kan lei.

Hulle is van mening dat duisende lewens gered kan word as die verkiesing gehou word nadat kudde-immuniteit bereik is.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters