8 dae gelede
Mooinooi-moordenaars kry 12 keer life
Joey en Anisha van Niekerk. Foto: Verskaf  ~ 

DRIE mans en 'n vrou is vir die moord, verkragting en ontvoering van 'n gay paartjie tot 12 lewenslange en 187 jaar tronkstraf gevonnis.

Aaron Sithole (37), Jack Sithole (21), Alex Modau (39) en Mercia Strydom (24) is skuldig bevind aan moord, verkragting, roof met verswarrende omstandighede, ontvoering, diefstal, dwarsboming van die gereg en die onwettige besig van vuurwapens en ammunisie.

News24 berig Jacobus Strydom en sy vrou, Mercia, het op 10 Desember 2017 die paartjie, Anisha en Joey van Niekerk, getrick om na Mooinooi-plaas, wat hulle besig het naby Brits in die Noordwes, te gaan.

Lumka Mahanjana, 'n woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê die Strydoms het 'n deel van die erf gehuur en het aangedui hulle wil dit koop.

"Met hul aankoms is die Van Niekerks gedwing om die kontrak te teken. Hulle is met die hulp van die Sitholes en Modau aangerand, verkrag en vermoor.

"Hul liggame is na 'n rivier daar naby geneem waar dit onherkenbaar verbrand is."

News24 berig dat Strydom, wie die meesterbrein agter die moorde was, selfmoord gepleeg het.Hy is na bewering bewusteloos in sy enkel tronksel by Kgosi Mampuru-gevangenes gevind.

Volgens Mahanjana het die staatsaanklaer, adv. Juliet Makgwatha, in haar slotbetoë gevra dat die hof die gevoelens van die families in ag neem met die uitspraak. 

Aaron James Sithole (26), Koos Strydom (54), Jack Chinkinya Sithole (19), Alex Modau (37) en Mercia Strydom (23) met ’n vorige hofverskyning in Augustus verlede jaar. Strydom het kort hierna glo sy eie lewe in die tronk geneem. Foto: Deaan Vivier

Makgwatha sê deur die liggame te brand is nie net dwarsboming van die gereg nie maar ontken ook die families die afsluiting om hul laaste eer te betoon.

Volgens die staat het die Strydoms se gierigheid hul gedryf om die oortredings te pleeg en dat die moorde vooraf beplan was.

Netwerk24 het voorheen berig dat die staat in 2018 genoem het voor die paartjie vermoor is, is hulle van hul voertuig beroof wat later verbrand is.

Hulle was ook gedwing om hul pin-nommers te gee en duisende rande is van Joey se rekening  onttrek en R800 van Anisha se rekening.

Netwerk24 het toe berig dat Anisha se liggaam is gevind, maar was so erg verbrand die oorsaak van dood kon nie bepaal word nie. Joey se liggaam is nooit gevind nie.

Volgens 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters