Verlede maand
Moenie te gerus wees
loadshedding
Eskom het gewaarsku dat beurtkrag 'n moontlikheid bly.  ~ Foto ter illustrasie

ESKOM het Maandag gesê daar is geen planne vir beurtkrag nie, maar dat dit steeds 'n moontlikheid is as daar 'n onverwagte verandering in die stelsel is.

"Die stelsel bly uiters beperk en kwesbaar met opwekkingsaanlegte wat op baie lae vlakke van betroubaarheid werk," lui 'n verklaring van die kragreus.

Eskom sê nadat hulle onverwags verlede Donderdag beurtkrag ingestel het, wou hulle dit nie sedert Vrydag aanwend nie.

Hulle het vordering gemaak om diesel aan te vul vir hul oopsiklus-gasturbines om watervlakke te verhoog by sy pompopgaarskemas.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters