Verlede maand
‘Moeilike maand’
 ~ 

VAN vandag af betaal motoriste weer baie meer vir petrol en diesel.

Met die reeds hoë pryse en elektrisiteit wat verbruikers se sakke ruk, gaan Suid-Afrika se inwoner erger wurg.

Petrol kos van vandag af R1,34 meer vir 93 oktaan- en R1,31 meer vir 95 oktaan-petrol

Die algemene heffing is op met 5 sent per liter en die heffing vir die Padongelukfonds is 15 sent per liter meer.

’n Ekonoom, Mike Schüssler, sê die deursnee-motoris gebruik omtrent 130 liter petrol en dit sal sowat R177 meer kos.

Volgens hom sal die styging ook veroorsaak dat die inflasiekoers hoër word en die tweede kwartaal se groeikoers onderdruk word.

“Dit gaan ’n moeilike maand wees.” Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters