8 dae gelede
Minstens 8 beseer in mall-brand
fire, car fire, car on fire, blaze, shack fire, fi
Minstens agt mense is beseer toe 'n gasbottel by 'n restaurant in Rivonia ontplof het.  ~ Foto ter Illustrasie: iStock

MINSTENS agt mense is beseer en nege winkels beskadig in 'n gasontploffing by die Rivonia-winkelsentrum in Sandton.

Nana Radebe van die Johannesburgse nooddienste sê die beseerdes se brandwonde is van krities tot ernstig.

Hulle is almal in die hospitaal opgeneem.

"Ons het Saterdag om 13:40 'n oproep ontvang oor 'n strukturele brand by die winkelsentrum. Toe ons daar aankom het ons gevind dat 'n gasbottel by een van die restuarante ontplof het," sê Radebe.

Die brand is geblus. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters