16 dae gelede
Minister na byna week uit hospitaal ontslaan
m
Minister Gwede Mantashe. Photo from Twitter  ~ 

GWEDE MANTASHE, die minister van minerale hulpbronne en energie, is Sondagaand uit die hospitaal ontslaan.

Mantashe het op 14 Julie positief vir Covid-19 getoets en in self-kwarantyn gegaan. Op advies van sy dokters is hy op 20 Julie in die hospitaal opgeneem vir mediese sorg.

Phumla Williams, kabinets-woordvoerder, sê: "Alhoewel hy ontslaan is, is die minister deur sy mediese span aangeraai om vir nog 7 dae by die huis aan te sterk.

"Ons is dankbaar dat die minister nou by die huis by sy familie en onderweg na 'n volle herstel is." 

Sy voeg by: "As regering wens ons alle Suid-Afrikaners wie positief getoets het 'n spoedige herstel.

"Ons betuig ook ons medelye aan die families wie 'n geliefde aan die corona-virus verloor het." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters