13 dae gelede
Minister: "My dogter is ook bang"
uyinene mrwetyana
Begranis van Uyinene Mrwetyana.  ~ Mpho Raborife/News24

"My dogter is 'n sterk vrou, maar my eie dogter het my geskok toe sy sê sy is bang en dat sy 'n vuurwapen of pepperspray vir beskerming wil hê"

Hierdie was die woorde van die minister van polisie, Bheki Cele, by die begrafnis van sy Uyinene Mrwetyana.

Uyinene is in die Clareinch-poskantoor in Claremont verkrag en vermoor. Sy is Saterdag uit die Abbotsford Christensentrum in Oos-Londen begrawe.

Die moord en verkragting van die eerstejaar student aan die Universiteit van Kaapstad (UK) het opnuut die kwessie van geweld teen vroue in die kollig geplaas.

Cele, wie se dogter ook 'n student aan die UK is, sê: "Die ideale wêreld vir hom sou wees waar vroue sonder enige vrees alleen in die aand kan rondstop."

Hy noem hy koester steeds daardie ideal maar verstaan ook die vrees en woede van veral vroue.

Cele sê: "Ek woon met dit in my eie huis, net talle ander ouers.

"Vroue is nie veilig by skole nie. Vroue is nie veilig as hulle rondstap nie. Vroue is nog minder veilige by kerke en selfs hul eie huise.

"Ons kan hierdie situasies nie duld nie.

"Ons moet nou opstaan en sê #genoegisgenoeg, en die tyd is nou!"

Hy het ook 'n beroep gedoen op al die goeie mense, ook mans, om saam te staan en verkragters en moordenaars te isoleer.

Die polisieminister het ook vertel hoe Uyinene onskuldig na die poskantoor is, opgewonde om 'n pakkie te gaan haal.

"Sy het baklei en op die een of ander wyse geval en toe verkrag hy haar. Sy het daarna opgestaan en weer baklei en toe vermoor hy haar."

Cele sê: "Laat ons Uyinene gebruik om nie weer die bal te laat val nie."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters