12 dae gelede
Minister loof polisie se flinke optrede
elzabie brand,breggie brand,danie brand
Elzabie saam met haar ouers Breggie en Danie Brand  ~ Netwerk24

THOKO Didiza, die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het die moorde van die Hartswater-egpaar en hul dogter veroordeel.

Didiza het ook die polisie geloof vir hul vinnige optrede wat tot die arrestasie van vyf verdagtes gelei het.

Die bejaarde Danie Brand (83), sy vrou Breggie (73) en hul 54-jarige dogter, Elzabie, se lyke is gevind nadat hulle Sondag aangeval en ontvoer is.

Didiza sê die arrestasie gaan weer vertroue wek in die regstelsel en 'n sterk boodskap uitstuur dat daar nie plek is vir kriminele aktiwiteite in die land nie.

"Namens die landbousektor wil ek my diepste en hartlike medelye met die familie, vriende en kollegas van die slagoffers deel."

Sy het 'n beroep op alle rolspelers in die sektor gedoen om waaksaam te wees vir plaasaanvalle en moorde omdat dit voedselsekurtiet en -produksie negatief affekteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters