4 maande gelede
Min wagte gee lifer sy kans – PSA
Ivan FredericksFoto: melinda stuurman  ~ 

DIE Public Servants’ Association (PSA) blameer die departement van korrektiewe dienste vir die aanval op twee tronkbewaarders in Aliwal-Noord.

Vrydag is een bewaarder (35) by die Goedemoed-tronk vermoor en een (33) vermoedelik verkrag. ’n In­mate (37) wat ’n lewenslange vonnis uitdien, het die vroue hostage gehou en aangeval, het die departement bevestig.

Die inmate was glo besig met skoonmaakpligte toe hy die twee bewaarders in ’n kantoor ingedwing en hom saam met hulle daarin toegesluit het. Die tronkowerhede het wetstoepassers, insluitend die polisie, ingeroep.

Krimineel

Nadat hulle eindelik die kantoor oopgekry het, het hulle Nomsa Joyce Stuurman se lyk ontdek. Sy is met ’n skêr in die nek gesteek.

Die polisie het die inmate weggevat. Hy is in polisie-aanhouding en word aangekla van moord en verkragting.

Ivan Fredericks, hoofsekretaris van die PSA, sê dit het etlike ure geduur voordat die polisie die vrou se vrylating kon negotiate. Hy noem korrektiewe dienste se personeeltekort ’n “ticking time bomb”.

Fredericks sê: “Dis on­aanvaarbaar en dit grens aan krimineel om te verwag dat beamptes hulle daaglikse pligte – wat die monitering van gevaarlike inmates insluit – sonder die nodige hulpbronne moet uitvoer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters