Verlede maand
'Miljoener' se saak uitgestel
Sibongile Mani in 2017 tussen ’n groep studente wat haar teen die media wou beskerm.  ~ Argief

DIE hofsaak van die student in wie se rekening die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) miljoene rande betaal het, is uitgestel omdat sy eksamen skryf. 

Sibongile Mani, ‘n derdejaar rekeningkunde-student, sal nou eers weer op 25 November in die hof verskyn.

Mani is aangekla  nadat sy versuim het om ‘n fout aan te meld nadat 'n verkeerde bedrag in haar studente-rekening inbetaal is.

Pleks van haar maandelikse toelaag van R14 000 is R14 miljoen in haar rekening betaal.

SowetanLive berig sy het R820 000 daarvan tussen Junie en Augustus geblaas. 

Dit kom neer op R11 000 per dag.

Mani is op 29 Mei 2018 deur die Valke gearresteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters