2 maande gelede
Miljoene te wen – vat ’n kans
GROOT KANS: Die wengeld is reusagtig en spoor ’n mens aan om die kans te waag.  ~ Foto ter illustrasie: Leon Bonthuys

SKUD gerus jou sak en speel PowerBall en PowerBall Plus vandag.

Spelers kan ’n baie sappige R65 miljoen wen met PowerBall en ’n lekker R22 miljoen met PowerBall Plus.

As iemand vanaand se PowerBall­ wen, sal dit die grootse wenprys van die jaar wees. Charmaine Mabuza, CEO van Ithuba, sê spelers is vir hulle belangrik en Ithuba probeer dat daar groter jackpots moet wees om voor te speel.

Afdelings

“Dit was van die begin af Ithuba se plan sedert dié operateur die nasionale lotery in 2015 oorgeneem het.

“Die huidige PowerBall- jackpots sal ’n groot verskil maak in mense se lewe. Ons raai mense aan om kaartjies te koop.”

Vanjaar het 26 miljoen mense reeds in verskillende afdelings gewen en R800 miljoen is al aan wenners uitbetaal.

Saterdagaand se Lotto staan ook op ’n stewige R28 miljoen, Lotto Plus 1 op R17,5 miljoen en Lotto Plus 2 op R9,5 miljoen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters