11 dae gelede
Miljoene rande van Guptas gevries
paleise
Tarina Patel’se paleis in Morningside, Sandton  ~ Top Billing

DIE nasionale vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat het op miljoene rande se bates van die omstrede Gupta-familie, hul sakevennoot Iqbal Sharma en sy vrou, Tarina Patel, beslag gelê.

Die beslaglegging volg op 'n besluit van die Vrystaatse hooggeregshof om 'n bevel toe te staan om die bates van Islandsite Investments, Sharma en Patel te vries.

Islandsite besit meer as 40% van Oakbay Investments, 'n korporatiewe struktuur met aandele in verskeie maatskappye en eiendomme in hul besit.

Van die sowat R520 miljoen se bates waarop beslag gelê is, sluit in luukse eiendomme in Morningside, Saxonwold en Constantia.

Sharma is Woensdag gearresteer en het dieselfde dag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Sy arrestasie hou verband met 'n R25 miljoen uitbetaling wat sy maatskappy Nulane tussen November 2011 en April 2012 van die Vrystaatse departement van landbou ontvang het.

Nulane was gekontrakteer om 'n uitvoerbaarheidstudie te doen om die lewensvatbaarheid van die R288 miljoen Estine-suiwelprojek in Vrede in die Vrystaat te bepaal.

Die NVG het ook vir Interpol gevra om te help om lede van die Gupta-familie in die buiteland te arresteer. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters