4 maande gelede
Miljoene kom nie by boere uit
DR. Roy JankielsohnFoto: SABCDigitalNews  ~ 

ESTINA, ’n maatskappy wat verbind word met die Guptas, het nie aan die vereistes voldoen om deel te wees van die melkplaasprojek nie.

Dr. Roy Jankielsohn is ’n lid van die Vrystaatse wetgewer en ’n koukusleier van die DA. Hy het Maandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.

Hy het getuig in die wetgewer het hy ’n toesigrol gehad oor talle staatsinisiatiewe – insluitende dié projek.

Jankielsohn sê hy het bekommerd begin raak ná ’n berig van die Mail & Guardian dat die Guptas betrokke was by die plaas.

“Daar is genoem dat daar ’n link is met dié familie, van wie ons toe nie veel geweet het nie. Dit het basies die familie met die plaas verbind en die kommer is uitgespreek dat daar onreëlmatighede met die projek was.”

Fondse

Minstens R200 miljoen is eenkant gesit om te gebruik vir opkomende boere in Vrede, maar die geld het na Estina gegaan.

“ ’n Bykomstige aspek wat ek in my affidavit genoem het, is dat die premier toe erken het dat openbare fondse gebruik is om eiendom aan te koop.”

Volgens Jankielsohn is die plaas in die naam van Estina bedryf en het Estina later die eiendom verkoop.

Jankielsohn het gesê die grootste verloorders in die hele projek was die plaaslike begunstigdes, wat 51%-aandeelhouers was. Niemand van hulle het egter daarby baat gevind nie. Eyewitness News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters