7 dae gelede
Miljarde rande se projekte bespoedig
Cyril Ramaphosa  ~ Deaan Vivier

DIE implementering van minstens 50 infrastruktuurprojekte met 'n gesamentlike beleggingswaarde van meer as R340 miljard gaan in die volgende paar maande bespoedig word.

Dié sleutelbesluit is Donderdag by die inwydingsvergadering van die hersaamgestelde raad van die presidensiële infrastruktuur-koördineringskommissie geneem.

Pres. Cyril Ramaphosa, wat voorsitter van die vergadering was, sê die fokus van die administrasie is om infrastruktuur onder een dak te konsolideer en doeltreffende implementering te versker.

"Ons ervaring is dat infrastruktuur net volhoubaar kan wees is daar samewerking en vennootskap tussen alle sfere van die regering kan wees en as daar 'n gesamentlike doel is," sê hy. 

Hy het klem gelê op die belangrikheid van infrastruktuurontwikkeling in reaksie op die ekonomiese impak van die Covid-19-pandemie om groei te herstel en werke te skep.

Ramaphosa sê buitengewone maatreëls is nodig om die land op 'n pad van volhoubare groei te kry.

Teenwoordig by die vergadering was ministers, premiers, burgemeesters en die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters