2 maande gelede
Metropolisie help glo by gangster se funeral
Kalvin Periasamy. (Facebook)
Kalvin Periasamy. (Facebook)  ~ 

DIE Durbanse metropolisie is beveel om nie hul dienste by 'n vermeende drug lord se begrafnis te verleen nie. 

Tog is 'n voertuig van die Durbanse metropolisie in video footage gesien waar dit Saterdag die roustoet van Kalvin Periasamy begelei.

Periasamy (30) is verlede week in die parkeerarea van die Gateway-winkelsentrum doodgeskiet

Die voorval het Donderdag in Umhlanga gebeur toe hy van die gym afgekom het. Periasamy was glo leier van die Bloods.

Parboo Sewpersad,  'n woordvoerder van die metropolisie, sê hy kan nie op die video sien of hulle die stoet escort nie.

Sewpersad sê as daar blokkasies by 'n kruising was, sou hulle dan gehelp het om die verkeer te bestuur.

"Ons het duidelike instruksies gekry dat ons nie die oorledene gaan escort of vir hom celebrity status gaan gee nie," sê hy.

"Die metropolisie het verskeie motors deursoek vir vuurwapens en 'n paar bestuurders, wat hul wiele gespin het, is aangekla."

Hy sê die eenheid gaan nogtans formele klagte ondersoek oor die gedrag van sy lede by die begrafnis. - TimesLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters