Verlede maand
Metro cops vas vir aanranding
cop arrest
11 Tshwane-metro -cops is weens aanranding in hegtenis geneem.  ~ ter illustrasie

ELF Tshwane-metro cops is in hegtenis geneem ná ’n onderonsie met motoriste vroeër hierdie maand. Na verneem word, het die beweerde aanranding plaasgevind toe drie persone hul voertuig met geweld wou verwyder nadat dit aan die begin van die maand deur TMPD in beslag geneem is.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, sê die eenheid se kantoor van interne sake het ’n ondersoek begin nadat die beweerde aanranding onder hulle aandag gekom het.

“Daar is volle aandag aan die saak gegee en die TMPD het ten volle saamgewerk met die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat.

“Verdere ondersoeke het gelei tot die inhegtenisneming van elf metro cops wat na bewering betrokke was by die aanranding van die drie mans,” sê Mahamba.

Mahamba voeg by dat interne dissiplinêre prosesse voortgaan.

“Die Tshwane Metro-polisiedepartement veroordeel sulke optrede van sy lede; interne dissiplinêre prosesse sal voortgaan te midde van hierdie arrestasies.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters