28 dae gelede
Meisie slaan seun dat hy huil
 ~ 

DIE 16-jarige graad 10 meisie wat 'n 16-jarige graad 9 seun van Jan Viljoen Hoërskool aanrand is geskors.

Steven Mabona, 'n woordvoerder vir die Gauteng onderwysdepartement, sê: "Die voorval het Dinsdag plaasgevind, nadat die twee eksamen geskryf het.

"Die skorsing spruit uit die video footage wat viral gegaan het op sosiale media."

Mabona voeg by: "Dit is ongelukkig dat die voorval plaasvind in die tyd wat leerders besig is met hul jaareindeksamen.

"Ons veroordeel ten sterkste enige wangedrag in skole, wat kan lei tot ernstige stappe wat teen 'n leerder geneem kan word."

Mabona voeg by die skoolbeheerliggaam sal die dissiplinêre proses fasiliteer en dat die departement sal seker maak dat die korrekte prosedures gevolg word. 

In die video kan gesien word hoe die meisie die seun vra hoekom hy vir haar bang is.

Dan hoor jy hoe nog 'n leerder in die agtergrond skree dat sy hom moet wys hoekom hy bang is.

Die meisie slaan die seun dan aanhoudend met die vuis, dat hy inmekaarsak en vir sy gesig keer.

Die seun begin dan huis en sy skree op hom om op te hou huil.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters