Verlede maand
Meisie mis uit op miljoene
BALLE VAL REG: ’n Wenner huil nou minder oor sy girl hom gelos het nadat sy luck gedraai het.  ~ Paarl Post

DIE nuutste PowerBall- miljoenêr se girl mis uit op sy miljoene omdat sy baie kort voor sy gelukskoot opgebreek het met hom.

Vrydag se PowerBall van R60 miljoen is deur ’n ou gewen wat in die finansiële sektor werk. Hy is in sy 30’s.

Hy sê hy was baie down, want die girl wat saam met hom gebly het, het met hom opgebreek.

Geseënd

Hy vertel: “Vrydagaand was sy reeds weg en ek het toe na die nommers gekyk. Toe ek besef ek het gewen, het ek gedink ek droom.

“Ek het onmiddellik ’n koue shower gevat en wéér na die nommers gaan kyk.

“Dit was toe alles waar. Lady Luck was aan my kant, maar nie aan my eks-girlfriend se kant nie!”

Hy sê hy sukkel darem nie met geld nie, maar hy het nog nooit voorheen so baie geld gehad nie.

“Ek is geseënd dat my ouers in ’n posisie is om vir hulself te sorg. Ek sal uit liefde van my rykdom met hulle deel.”

Die man sê hy was ook gelukkig genoeg om sy werk in die tyd te behou terwyl so baie ander mense hul werk in die pandemie verloor het.

Volgens Ithuba beplan die man om sy geld te belê.

“Ek is op hoogte van beleggings en wil seker maak die geld groei en dat dit rente trek.”

Hy wil ook van die geld vir mense in nood gee.

Hy sê soos dinge nou aangaan, verwag hy om re­trench te word en hy wag vir sy pakket en bonus.

“Dis geld waarvoor ek hard gewerk het.”

Die man sê in ’n joke hy sal seker vir sy eks ’n yskas en wasmasjien koop, net om te wys daar is nie hard feelings nie.

Hy is ook nou gereed om te settle en sy eie familie te begin sodra hy die regte vrou kry.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters