Verlede maand
Meisie amper vir miljoene verkoop
mensehandel
“Minder as 2% van diegene wie ontvoer word, word gevind," aldus Albert Fritz, provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid.  ~ Facebook

DIE polisie in Gauteng het ’n 13-jarige meisie gered nadat haar stiefma en stiefouma haar na bewering vir R40 miljoen aan 'n mensehandelsindikaat in Heidelberg wou verkoop.

Die stiefma en ouma van onderskeidelik 36- en 57 jaar oud loop nou hof op klagte van mensehandel, sameswering om ’n minderjarige te verkoop vir seksuele uitbuiting, ontvoering en diefstal van ’n kind.

Die Valke se ondersoekspanne teen ernstige korrupsie en georganiseerde misdaad asook Vanderbijlpark-polisie se ondersoekspan teen ernstige- en geweldsmisdade asook die familie- en seksuele misdrywe-eenheid in Vaal Rand het tot die meisie se redding gekom.

Daar is ook op kontant en elektroniese toerusting van R30 000 beslag gelê. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters