7 dae gelede
Meisie (14) dood, boyfriend (26) vas
Foto ter illustrasie. Foto: AndrĂ© Damons  ~ 

'N 26-JARIGE man is vir die moord op sy 14-jarige meisie gearresteer.

Die meisie se liggaam is onder 'n hoop klippe in Tumahole, sowat 'n kilometer van haar huis, gevind.

Edwinah Bolosha was veronderstel om by 'n vriend oor te slaap.

Brig. Motantsi Makhele, 'n polisiewoordvoerder, sê die tiener is laas op 10 Oktober deur haar oom gesien, toe sy omstreeks 20:00 die huis verlaat na die sleepover.

Haar oom het haar Donderdag as vermis aangegee en die polisie het vasgestel sy is laas deur haar kerel gesien.

News24 berig dat haar oom haar nie aanvanklik as vermis aangemeld het nie omdat dit nie die eerste keer is dat sy vir dae uitslaat sonder om enigeen te sê waar sy was nie.

Intussen het lt.gen. Baile Motswenyane, provinsiale polisiehoof in die Vrystaat, ouers en voogde gemaak om nie kinders se verdwyning te ignoreer nie.

Sy sê daar was al ander sake, van meestal meisies, wie as vermis aangemeld is en dood gevind is.

"Daar is ook gevalle waar die kinders veilig teruggekeer het huistoe. Ons kan egter net nie kanse vat as dit kom by ons kinders nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters