29 dae gelede
Meestal vroue wat sterf toe kerkmuur val
pentecostal holiness kerk
Die muur van die Pentecostal Holiness-kerk wat ineengestort het.  ~ Twitter

Die meeste lidmate wat dood is, toe ‘n muus van die Pentecostal Holiness-kerk in Dlangubo in KwaZulu-Natal ineengestort het, was vroue.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, sê ‘n 13-jarige kind is ook dood.

Die voorval het omstreeks Donderdagaand kwart-oor-tien plaasgevind.

“Die voorval het gebeur kort na ‘n gebedsessie, toe lidmate voorberei het om te rus.”

Volgens ds. Phiwayinkosi Sibiya slaap vroue apart van mans. Die gebou wie se muur ingeval het is waar die vroue-lidmate sou slaap.

Oliphant sê: “Ons verstaan uit voorlopige verslae dat die omgewing swaar reënval en erge storms ervaar het, wat kon bydra.”

Afgevaardigdes van die nasionale en provinsiale regering, asook die munisipaliteite, sal saam met die kerk en gesinne werk om die impak van die ramp te probeer verbeter. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters