10 dae gelede
Meer SA'ners dood in 'xenofobiese aanvalle'
280815w NUUS BEELD Minister van verdediging en mil
Nosiviwe Mapisa-Nqakula  ~ deaan vivier

TIEN van die 12 mense wat laas week in aanvalle op buitelanders in Gauteng dood is, is Suid-Afrikaners.

Nosiviwe-Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het die skokkende statistiek Dinsdag tydens 'n mediakonferensie by die parlement  bekendgemaak.

Mapisa-Nqakula sê Suid-Afrika "is nie 'n xenofobiese land nie".

"Wie ookal aan die verkeerde kant van die gereg is, sal mee gedeal word."

Voorvalle van geweld is Sondag in Jeppestown en Hillbrow aangemeld.

Tien mense is Sondag dood. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters