29 dae gelede
Meer miljarde om Eskom uit te help
 ~ 

ESKOM gaan 'n bykomende bedrag van R59 miljard by die regering oor die volgende twee jaar kry.

Die sukkelende kragreus gaan vanjaar R26 miljard kry en dan R33 miljard in die 2020-21-boekjaar.

Pres. Cyril Ramaphosa het laas maand, sonder om enige besonderhede bekend te maak, planne aangekondig vir bykomende befondsing.

Die regering het reeds in Februarie 'n reddingsplan van R69 miljard goedgekeur.

Eskom, wat as die ekonomie se grootste risiko beskou word, se skuld beloop reeds 'n reuse bedrag van R440 miljard.

Die regering is onder druk om planne te finaliseer om die besigheid reg te ruk. - Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters