10 dae gelede
Meer as 50 landsburgers weer veilig
Soldiers from the Mozambican army
Soldiers from the Mozambican army patrol the streets after security in the area was increased, following a two-day attack from suspected islamists.  ~ PHOTO: Adrien Barbier/AFP

DIE meer as 50 Suid-Afrikaners wie deur die hoë kommissaris in Maputo, na die aanvalle in Mosambiek as vermis aangemeld was is veilig.

Die departement van verdediging sê die weermag bied uitleweringsondersteuning vir inwoners wie wil terugkeer na Suid-Afrika.

Van die langsburgers is reeds vroeër die week na Suid-Afrika teruggekeer, met die oorskot van Adrian Nel - wie vermoor is in die aanvalle.

Intussen het pres. Mokgweetsi Masisi van Botswana as voorsitter van die Suider-Afrika ontwikkelingsgemeenskap se politieke, verdediging en veiligheids-groepering 'n vergadering vir aanstaande week belê.

Siphiwe Dlamini, 'n woordvoerder vir die departement van verdediging, verduidelik die vergadering bied 'n belangrike platform vir streeksgesprekke om oor maatreëls te praat om die veiligheidsuitdagings in Mosambiek op te los.

"Suid-Afrika sal as lidland deelneem aan die vergadering, met 'n siening om te soek na 'n oplossing wat lei tot vrede en ontwikkeling en in Mosambiek." - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters