Verlede maand
Mbalula vaar uit teen Twitter-varke
Minister of Transport Fikile Mbalula
Minister van Vervoer Fikile Mbalula  ~ 

DIE minister van vervoer, Fikile Mbalula, is lelik omgekrap nadat Twitter-varke hom, pres. Cyril Ramaphosa en Bheki Cele die dood toegewens het.

Mbalula het gister gereageer op aanvalle wat hy op Twitter ontvang het, kort ná die aankondiging van Ramaphosa van Jackson Mthembu se dood weens Covid-19-komplikasies Donderdagoggend.

Mbalula het gesê dis verkeerd dat mense sulke uitlatings maak en dat dié mense wreed is.

Volgens News24 het die lot getwiet die enigste drie mense wat oorbly, is Mbalula, Ramaphosa en Cele, en dat hulle Mthembu moet volg.

“Hulle is wreed, want ons is in ’n hartseer situasie. Om te wens dat mense vir enige rede doodgaan, is verkeerd,” het Mbalula laat hoor.

Hy voeg by dat Covid-19 nie oor die regering gaan nie en dat die hele nasie deur die Covid-19-penarie in die gesig gestaar word. -News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters