9 dae gelede
Mayor se ma kry interdik teen hom
Sixolile Mehlomakhulu  ~ khaya magenu

'N OOS-KAAPSE burgemeester moet in die hof verskyn nadat sy eie ma 'n interdik teen hom gekry het.

Sixolile Mhlomakhulu, burgemeester van die Alfred Nzo-distriksmunisipaliteit, moet op 27 September in die hof verskyn.

Mhlomakhulu se suster, Ntombemsulwa, sê haar broer het op 2 September al die meubels, beddens, eetgery en potte uit hul huis gevat terwyl die familie voorberei het vir 'n tradisionele fees.

"Hy het ingekom en die huis geplunder en besteel. Hy het gate in ses watertenks gemaak en gevat wat hy kon in die huis," het Ntombemsulwa bygevoeg.

Mehlomakhulu ontken die bewerings teen hom en sê hy was nie eens bewus van die interdik teen hom nie.

Sy ma het in trane aan Daily Dispatch gesê sy is seergemaak oor Mehlomakhulu se optrede.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê vyf familielede van Mehlomakhulu is ook gearresteer in verband met dieselfde voorval.

Die vyf, wat 'n polisiesersant insluit, het reeds in die hof verskyn. - TimesLIVE

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters