10 dae gelede
Matriekvraestel lek uit
Matrieks landwyd het op 5 November amptelik met hul eindeksamen begin.  ~ 

DAAR word nog uitgewerk hoe en wat maar die die Wiskunde vraestel 2 van die matriekklas het uitgelek.

In 'n verklaring sê die departement van basiese onderwys dit het vroeg Maandagoggend gebeur, ure voordat die matrieks die einste vraestel moes begin skryf.

"Dit is nog nie bekend waar presies die vraestel uitgelek het nie. Voorlopige aanduiding is dat dit in die Limpopo en Gauteng provinsies was."

Volgens die verklaring is die inhoud van die vraestel nagegaan en kan daar dus bevestig word dit is dieselfde vraestel as wat die matrieks 09:00 Maandagoggend sou skryf.

"Die departement ondersoek tans die saak, om vas te stel waar dit uitgelek het," lees die verklaring verder.

'n Ondersoekspan is ook besig om bewyse bymekaar te kry en 'n verslag saam te stel.

Intussen doen die departement 'n beroep op kandidate om gefokus te bly op die eksamenvraestelle wat nog geskryf moet word. Daar word ook versekering gegee dat daar met die skuldiges afgereken sal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters