3 dae gelede
Matriekeksamen nou vroeër
matriek
Die matriekeksamen sal nou 'n paar dae vroeër begin.  ~ Verskaf

MATRIKULANTE staan Woensdagoggend op met die slegte nuus dat die matriekeksamen nou vroeër sal wees.

Die matriekeksamen was veronderstel om op 1 November te begin, dieselfde dag as die plaaslike munisipale verkiesing.

Die verkiesingsdatum het die onderwyssektor egter onkant gevang, wie 207 vraestelle in slegs 'n vyf week periode in te pas.

In 'n omsendbrief Woensdagoggend deur die departement van basiese onderwys word aangekondig dat die belangrike eksamen nou op 27 Oktober sal begin.

Volgens die departement was daar vroeg Woensdagoggend 'n spesiale vergadering van die raad van onderwysministers (ROM) waar die besluit geneem is.

"Die besluit deur ROM volg na 'n reeks konsultasies met sleutelrolspelers in die basiese onderwyssektor.

"Die belangrikste oorweging was wat is in die beste belang van die leerder, om minimum verandering tot die huidige eksamenrooster te verseker en verwarring te vermy."

Engels, besigheidstudies en nie-amptelike tale sal nou op 27 en 28 Oktober geskryf word.

Intussen moedig die departement leerders aan om steeds hard te werk ter voorbereiding vir die eksamen.

Die departement noem ook dat 'n reeks hulpbronne beskikbaar op verskillende platforms beskikbaar gestel is om leerders te help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters