7 maande gelede
Massmart wil 1 400 mense aflê
Mitch Slape, the new CEO of Massmart. Photo: Walma
Mitchell Slape, Massmart se uitvoerende hoof.  ~ Walmart

MEER as 1 400 mense kan sonder werk sit as die winkelgroep Massmart voortgaan met sy plan om 34 winkels te sluit.

Massmart, wat Game, Dion-Wired en Makro besit, het Maandag gesê hulle voer nog gesprekke met werknemers oor die moontlike sluiting van winkels.

Hul aankondiging kom nadat Edcon besluit het om hul Edgars-winkel in die Rosebank-winkelsentrum te sluit.

Dit kom ook drie maande nadat Mitchell Slape oorgeneem het as Massmart se uitvoerende hoof.

Die maatskappy sê in 'n verklaring hul besluit is die gevolg van 'n optimaliseringsprojek wat 'n aantal onderpresterende winkels in sy portefeulje uitgewys het. - Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters