13 dae gelede
Man werkloos na Facebook post
Facebook  ~ Jakub Porzycki/NurPhoto via Getty Images

SY Facebook post het gemaak dat 'n werknemer van Clover nie suksesvol was in sy pogings om sy werk terug te kry nie.

Die werknemer het op die sosiale media platform geskryf: "Alle wit mense moet vermoor word." 

Nhlanhla Christopher Makhoba het aanvanklik die post ontken, maar hy het later gesê dat hy die post gemaak het omdat hy die ANC en oudpres. Jacob Zuma lief het en hy geglo het hulle word verbally aangeval.

Waarnemende regter Narini Harilall, van die arbeidshof in Durban, het in haar uitspraak beslis: "Dit maak nie saak of die kommentaar buite werksure gemaak is of nie. Dit maak ook nie saak of hy bewus was van die maatskappy se sosiale media beleid of nie.

"Wat belangrik was is dat enige Suid-Afrikaner moet weet dat rassisitese uitlatings onaanvaarbaar is, en dat 'n onderneming nie hul werkers daaraan hoef te herinner nie." 

Makhoba se maatskappy het tugstappe teen hom ingestel. Hy is onder meer aangekla van twee oortredings wat insluit rassistiese kommentaar op sosiale media en dat hy teenstrydig met die maatskappy se belange opgetree het.

Tydens sy tugverhoor het hy ontken dat hy die opmerkings geplaas het en beweer sy Facebook-blad is gehack. Met getuienis kon egter die teenoorgestelde bewys word en is Makhoba afgedank. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters