5 dae gelede
Man wat stiefdogter verkrag kry life
Die man is verlede week gevonnis.  ~ Foto ter illustrasie

’N 50-JARIGE man van KwaZulu-Natal is in die Pongola-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van sy 10-jarige stiefdogter.

Volgens Natasha Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), is die man verlede week gevonnis vir die voorval wat in Maart 2019 in die Ngome-omgewing naby Vryheid plaasgevind het.

Die man was in 'n verhouding met die slagoffer se ma. Hy het die kind een nag verkrag terwyl almal geslaap het.

'n Saak is die volgende dag by die polisie aangemeld.

Die slagoffer het in haar getuienis in die hof gesê die verkragting maak dat sy nie meer by die skool kan konsentreer nie.

Sy was ook bang vir mans en het gevoel dat sy nooit 'n ander man sal kan vertrou nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters