Verlede maand
Man voor vir dealer se moord
Saps police tape
'n Man het homself aan die polisie oorgegee nadat hy na bewering 'n motorhandelaar geskiet het.  ~ Argief

'N MAN wat na bewering 'n motorhandelaar van Klerksdorp doodgeskiet het, het homself aan die polisie oorgegee.

Die 37-jarige man verskyn Woensdag in die hof.

Kapt. Aafje Botma, ‘n polisiewoordvoerder, sê die man het na bewering die eienaar van ‘n luukse motorhandelaar, Mohamed Dangor, doodgeskiet en twee ander mense gewond.

Botma sê die skietvoorval het na ‘n stryery tussen die slagoffer en verdagte plaasgevind.

Die verdagte het na bewering by die winkel ingestap waarna ‘n stryery tussen hom en een van die verkoopsbestuurders uitgebreek het.

Volgens Botma het dit vermoedelik oor ‘n besigheistransaksie gegaan.- The Ctizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters