9 dae gelede
Man vas vir dwelms en fake vuurwapen
n 23-jarige man is vir die besit van n valse vuurwapen in hegtenis geneem oor die naweek.  ~ Foto ter illustrasie

’N JONG man is in hegtenis geneem omdat hy na bewering in besit was van dwelms en ’n valse vuurwapen.

Die metropolisie het die 23-jarige in Rugby naby Milnerton, Kaapstad, voorgekeer en deursoek. 

Sers. Ruth Solomons, woordvoerder van die metropolisie, sê beamptes het patrollies in die omgewing gedoen toe hulle drie mans opmerk wat verdag optree. Sy sê een van die mans het dagga en kokaïen in sy besit gehad.Solomons sê die beamptes het die mans genader en hulself geïdentifiseer. 

“Met hul toestemming het die beamptes die drie deursoek. Een van hulle is in die besit van ’n bankie dagga en kokaïen gevind. Verdere soektog het gelei tot die ontdekking van ’n nagemaakte vuurwapen in ’n rugsak.

Beamptes het die 23-jarige verdagte in hegtenis geneem vir die onwettige besit van dwelms en ’n nagemaakte vuurwapen. Hy is in die Milnerton-polisiestasie toegekap.” – SABC News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters