11 dae gelede
Man van Lesotho vas oor klomp drank
dfdf
Die polisie het in Noordwes beslag gelê op drank ter waarde van R125 000.  ~ Foto Verskaf / SAPD

DIE polisie in die Vrystaat het ’n 37-jarige man van Lesotho in hegtenis geneem vir die vervoer van ’n groot hoeveelheid drank, berig Algoa FM.

Brig. Motantsi Makhele, ’n polisiewoordvoerder, sê die man het Woensdagmiddag ’n roadblock in Clocolan probeer vermy, maar sy motor het in die modder vasgesit.

Die polisie het navraag gedoen oor die drank en die verdagte kon nie bevredigende verduidelikings daarvoor gee nie.

Makhele sê die polisie het toe beslag gelê op die drank en kontant.

Die man is in hegtenis geneem en verskyn binnekort in die Clocolan-landdroshof.

In 'n ander voorval is 'n 49-jarige man Donderdag in Noordwes in hegtenis geneem nadat drank by sy woning in Meiringspark gevind is.

Sers. Amogelang Malwetse, 'n polisiewoordvoerder, sê in 'n verklaring die polisie het inligting opgevolg dat drank in die agterplaas verkoop word.

Die man het met die polisie se aankoms by sy woning skuld erken. Hy is onmiddellik 'n boete van R3 000 opgelê. Die polisie het ook beslag gelê op drank ter waarde van R125 000.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters