8 dae gelede
Man sê Zille plant chip in sy brein
Helen Zille  ~ Jaco Marais

DIE voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, word die afgelope tyd oorlaai met oproepe dat sy 'n microchip in 'n man se brein geplant het. 

Zille word beskuldig dat sy saam met die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk gewerk het om die microchip in die man se brein te kry.

Die voormalige premier van die Wes-Kaap het Maandag op Facebook oor die oproepe gekla.

‘‘Die hartseerste en vreemdste ding is besig om te gebeur en ek is nie heeltemal seker hoe om dit te hanteer nie,’’ sê Zille op Facebook. 

‘‘Daar is 'n jong man iewers daarbuite wat werklik oortuig is dat ek 'n microchip in sy brein geplant het. Het hy selfs 'n aansienlike klomp volgelinge op sosiale media wat glo dat dit waar is. Ek het reeds vier oproepe vanoggend (Maandag) ontvang van mense wat my vra hoekom ek 'n microchip in sy brein geplant het en wat ek daaromtrent gaan doen.’’

Die oud-DA-leier sê sy het probeer verduidelik dat sy 'n microchip in niemand se brein geplant het of dat sy ooit die betrokke man ontmoet het nie.

‘‘Hulle beweer hy het 'n X-ray wat wys dat daar 'n microchip is en glo dat ek op een of ander manier met Elon Musk saamgewerk het om dit daar te sit,’’ vertel Zille.

‘‘Die inbellers, wat opreg bekommerd klink, glo dat ek as die leier van Kaapstad (soos een my genoem het) 'n plig het om die microchip uit die jong man se brein te haal of om gearresteer te word.’’

Nog 'n inbeller het selfs gesê pres. Cyril Ramaphosa is ook betrokke. - The Citizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters