7 dae gelede
Man sê hoe hy student vermoor
Aubrey Manaka  ~ Joshua Sebola

DIE man wat aangekla is van die moord op die student Precious Ramabulana het skuld beken.

Aubrey Manaka (29) is gevolglik in die Limpopo-hooggeregshof in Polokwane skuldig bevind op klagte van verkragting, moord en roof met verswarende omstandighede.

Manaka het in 'n pleitverduideliking gesê hy het sy antie in Mokomene Village gaan kuier en het daar vir Ramabulana gesien.

Sy het saam met haar vriende by haar huis gedans. Hy het onmiddellik in haar belang gestel.

Op 23 November 2019 het hy tot die vroeë oggendure gedrink waarna hy besluit het om na Ramabulana se huis te gaan en sy liefde aan haar te verklaar.

Hy het egter besef dat sy nie die deur vir hom sou oopmaak nie.

"Ek het myself by haar huis binnegdwing. Sy het haar teengesit en daar was 'n bakleiery. Ek het sonder haar toestemming met haar seks gehad. Die oorledene mag dalk gesterf het weens die beserings wat ek met 'n mes aan haar toegedien het."

Manaka sê hy was nie dapper genoeg om deur die regte kanale sy liefde aan haar te verklaar nie.

Hy het daarna verskoning aan Ramabulana se familie gevra.

Die saak is tot 10 Junie vir voorvonnisverrigtinge uitgestel. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters