10 dae gelede
Gewonde man tref vrou, sterf
Car crashed through a palisade fence in Johannesbu
Die toneel waar 'n man met 'n skietwond deur 'n heining geploeg en 'n vrou getref het.  ~ Foto Verskaf / ER24

’N MAN met ’n skietwond aan sy liggaam het Dinsdagmiddag deur ’n heining in Johannesburg geploeg en ’n vrou getref.

Die man in sy vyftigs het aan sy wonde beswyk en die vrou is in ’n kritieke toestand gelaat.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel het die man agter die stuurwiel gelê.

Die 19-jarige vrou het in die tuin gelê.

Die man het toe reeds aan sy skietwond beswyk terwyl die vrou na die hospitaal geneem is. -News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters