Verlede maand
Man kry R1500 boete vir groentetuin
kool
'n Man van Tshwane is glo 'n fine van 1 500 opgelê nadat hy voor sy huis kool geplant het  ~ Facebook

VIR die groentetuin voor sy huis is 'n man van Tshwane 'n stewige boete gegee.

Joe Nkuna is 'n R1 500 boete gegee nadat hy 'n groentetuin op munisipale eiendom buite sy huis begin het.

Nkuna is die boete deur die Tshwane-metropolisie gegee, om in die hof te verskyn, oor hy munisipale eiendom gebruik het om groente te plant.

Hy het aanvanklik blomme en gras buite sy Theresapark-huis geplant. Hy het egter besluit om groente te kweek wat sy vrou, wat 'n maatskaplike werker is, vir haar kliënte kan gee. Dit was ook om geld op groceries te spaar.

Volgens die metropolisie versper Nkuna die sypaadjie, wat gereserveer is vir voetgangers.

TimesLive berig dat Nkuna kans tot Dinsdag gegee was om die koolkoppe te verwyder of aangekla te word.

Isaac Mahamba, 'n woordvoerder vir die metropolisie, sê: "Nkuna besit nie die grond nie en kan nie net besluit om dit vir landbou-doeleindes te gebruik nie.

"Dit is publieke grond, waar alle inwoners voor toegang moet hê."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters