24 dae gelede
Man en vrou se lyke uitgeken
durban stabbing
Fathima Muhammad en Kreshen Chandiah se lyke is met steekwonde gevind.  ~ Foto Verskaf

DIE lyke van die man en vrou wat vol steekwonde op die strand in Durban gevind is, is uitgeken.

Fathima Muhammad (50), 'n ma van drie, het verskeie steekwonde aan haar lyf opgedoen. Kreshen Chandiah (24) is gevind met 'n kombuismes wat in sy bors vasgesit het.

Hul liggame is Maandag deur man, wat plastiek en cardboard verkoop, gevind.

Muhammad se familie het aan The Mercury gesê haar sak en ID is naby die toneel gevind.

Hulle het aan die koerant gesê hulle ken nie vir Chandia nie.

Die familie het aan Times Live gesê sy is Maandag net voor 12:00 uit die huis. Sy het vir hulle gesê sy is oppad na Suncoast Casino vir middagete. 

News24 berig sy het net na 13:00 vir die laaste keer met een van haar dogters gepraat.

Toe haar dogter haar 'n uur later wou terugbel, was haar selfoon af.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters