Verlede maand
Man (36) vas oor antieke items
Oorlede
Waardevolle antieke items is in die besit van 'n Vrystaatse man gevind.  ~ Verskaf

’N MAN van Vrystaat is in Bloemfontein gearresteer omdat hy in besit was van waardevolle oudhede.

Die polisie het Vrydag inligting ontvang van ’n verdagte wat na bewering in besit was van Krugerrande en die 36-jarige is in ’n taxi naby die munisipale swembad gearresteer.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê met die deursoek van sy sakke het lede antieke horlosies uit die 1800’s gevind, ’n verkyker wat soldate in die Anglo Boereoorlog gebruik het, sowel as antieke messe, medaljes en muntstukke.

Makhele sê die waarde van die gekonfiskeerde goedere word op R600 000 geraam.

Die verdagte kon nie ’n duidelike verduideliking gee van waar hy die items gekry het nie.

Hy sal binnekort in die landdroshof in Bloemfontein verskyn weens die besit van vermoedelik gesteelde goedere. – AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters