6 dae gelede
Maluleke neem by Makwetu oor
Tsakani Maluleke
Tsakani Maluleke is as die nuwe ouditeur-generaal aangestel.  ~ Argief

PRES. Cyril Ramaphosa het Tsakani Maluleke as die land se nuwe ouditeur-generaal aangestel.

Haar termyn van sewe jaar tree op 1 Desember in werking.

Maluleke neem by Kimi Makwetu oor wat op 11 November, enkele weke voor sy termyn tot 'n einde sou kom, aan longkanker dood is.

Die presidensie sê in 'n verklaring Maluleke het meer as 20 jaar se ervaring in die private en openbare sektor.

Sy het sedert 2014 as adjunk-ouditeur-generaal en uitvoerende hoof van die kantoor van die ouditeur-generaal gedien. Sy is die eerste vrou om die pos te beklee.

"Pres. Rampahosa wens me. Maluleke geluk met die persoonlike mylpaal en wens haar sterkte toe met die leierskap van 'n instelling wat bemagtig is met die bevordering van verantwoordbaarheid in die openbare sektor en om tot die bou van 'n etiese en bevoegde staat by te dra."


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters