8 dae gelede
Maimane fokus op ‘groter oorlog’
Mmusi Maimane  ~ Daily Sun

MMUSI Maimane sê hoewel hy die uitlatings van die oud-DA-leier Tony Leon beledigend gevind het, is hy nie verbaas daaroor nie.

Leon verwys na Maimane in sy boek Future Tense: Reflections on my Troubled Land as 'n politieke eksperiment wat skeefgeloop het.

Maimane, voormalige DA-leier en nou die leier van One SA Movement, het aan SABC se Desiree Chauke gesê die uitlatings sê meer van die persoon wat dit gemaak het. 

"In 'n stadium moet jy terugsit en sê dit sê meer oor diegene wat die uitlatings maak as diegene oor wie dit gemaak word. Die reis na nie-rassigheid in Suid-Afrika gaan lank en hard wees omdat jy mense gaan het wat aanhou na ander verwys as eksperimente en jy gaan jou weerstand moet versterk," sê Maimane.

Maimane sê hy gaan nie regstappe teen Leon neem nie omdat 'n groter oorlog teen werkloosheid en misdaad aan die gang is.

"Die vraag wat op die tafel is, en dit is die deel wat hy aan die res van die mense binne die DA moet verduidelik, is wie doen die eksperimente en op wie word geëksperimenteer. Ek hoef nie hierdie oorlog te voer nie. Die groter oorlog in die land is oor die feit dat ons nie oplossings vir werkloosheid, die misdaad in Suid-Afrika en die agteruitgaande onderwysstelsel het nie." - SABC News


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters