10 maande gelede
Magnus Malan seks glo kids
pedofiel? ’n Nuwe boek beweer wyle Magnus Malan het jong laities seksueel aangerand. Foto: DIE BURGER  ~ 

MAGNUS Malan, voormalige minister van verdediging, het glo jong bruin laities na Bird Island in die Baai geneem om daar aan seksorgies met hulle deel te neem.

Dít is van die plofbare bewerings wat gemaak word in ’n nuwe boek, The Lost Boys of Bird Island, wat glo ’n pedofilie-netwerk blootlê.

Hy was lid van wyle oudpres. PW Botha se kabinet.

Malan is in 2011 in die ouderdom van 81 dood aan ’n hartaanval.

Die omstrede boek is geskryf deur Mark Minnie, ’n voormalige speurder, en Chris Steyn, ’n ondersoekende joernalis.

Besonderhede van die boek is Sondag in City Pressgepubliseer.

Vinger word gewys na Malan, asook die destydse minister van omgewing­sake John Wiley en ’n derde minister, wat nog leef.

Die minister wat nog leef, besit glo ’n vakansiehuis in die Oos-Kaap.

John Allen, ’n afgestorwe sakeman van Port Elizabeth, word ook in die boek genoem.

Selfmoord

Die ministers het volgens die boek die jong seuns Bird Island toe geneem om hulle daar seksueel aan te rand.

Allen en Wiley het in 1987 selfmoord gepleeg.

Luidens City Pressse berig, wat dele van die boek aanhaal, is een van die seuns ernstig beseer toe ’n vuurwapen by sy anus ingedruk en ’n skoot afgevuur is.

Volgens die boek is die seun vir behandeling geneem in ’n hospitaal wat destyds net vir wit mense bedoel was.

Malan het glo lugmag­helikopters opdrag gegee om vir hom, vriende en die seuns Bird Island toe te vat vir die seksuitstappies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters