10 dae gelede
Madonsela klim Berg Kilimanjaro uit
mandela kilimanjaro
Thuli Madonsela  ~ istock

NIE eens 'n bloedsuiker nagmerrie kon die Kilmanjaro-stryd keer nie.

Prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, het op Vrouedag saam met die Trek4Mandela-groep die berg oorwin en sy beplan om dit volgende jaar weer te doen.

"Moenie oordeel nie dames," sê sy in 'n post op die Trek4Mandela-webblad.

Madonsela het saam met meer as 20 ander mense verlede Vrydag berg Kilimanjaro aangedurf.

In 'n video vertel sy: “Terwyl ek nog so loop kon ek skielik niks voor my sien nie. Al die klippe het soos sneeuflokkies gelyk en dis toe dinge ‘n bietjie complicated word.”

News24 berig, dat dit Madonsela se bloedsuiker vlakke was wat gedaal het.

Madonsela het die berg aangepak om geld in te samel om seker te maak meisies bly in die skool. Dit is gedoen in samewerking met die Imbumba-stigting. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters