12 dae gelede
Mac Jack se opvolger aangestel
z
Zolile Monakali word ingesweer.  ~ Twitter / Deshi Ngxanga

DIE Noord-Kaapse regering het 'n nuwe LUR vir onderwys aangestel. 

Zolile Monakali is in die pos aangestel nadat sy voorganger Mac Jack onlangs aan Covid-19 dood is. 

Monakali is 'n opgeleide onderwyser met jare se ervaring in die onderwysdepartement.

Zamani Saul, premier, sê in 'n verklaring Monakali bring met hom 'n magdom ervaring wat gaan verseker dat leerders en onderwysers gehaltediens kry te midde die uitdagings wat Covid-19 bied.

Sy aanstelling kom nadat OFM News Dinsdag berig het dat ongeveer 180 skole in die provinsie deur Covid-19 geraak is met altesaam 232 onderwysers en 169 leerders wat sedert Junie daarvoor positief getoets het.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, het bevestig dat die infeksiesyfer in skole 3,29% van die provinsie se statistieke uitmaak. - OFM News


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters