Verlede maand
Ma vind dogter dood in wagkamer
Die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg, waar die voorval plaasgevind het.  ~ 

’N MA van Johannesburg het haar dogter in ’n hospitaal se wagkamer dood aangetref op presies dieselfde plek waar sy haar die vorige dag gelos het. 

Nqobile Dube het Maandag haar 26-jarige dogter, Sichelesile, na die Helen Joseph-hospitaal gehaas.

Sy is laat die Dinsdagmiddag dood. Sy het steeds op dieselfde plek in haar rolstoel gesit het.

Dube het aan Eyewitness News gesê dit het gelyk asof nie een personeellid agtergekom het Sichelesile is dood voordat sy hulle daarvan bewus gemaak het nie.

Dr. Relebohile Ncha, uitvoerende hoof van die Helen Joseph-hospitaal, het gesê ’n interne ondersoek is reeds begin. - EWN 








Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters