10 dae gelede
Ma (30) en bf (91) in hof vir kinderverwaarlosing en rape
hof
'n Ma (30) en haar boyfriend (91) loop hof vir kinderverwaarlosing en verkragting.  ~ VERSKAF

'N MAN en sy meisie van Mpumalanga het die afgelope week in die hof verskyn op aanklagte van verkraging en kinderverwaarlosing.

Die 91-jarige man word daarvan aangekla dat hy sy 30-jarige meisie se 11-jarige dogter verkrag het. Op haar beurt word die ma van kinderverwaarlosing beskuldig.

'n Barmhartige samaritaan het tot die redding van die vrou se drie kinders gekom, nadat die paartjie weggehardloop het.

News24 berig dat volgens die polisie is die kinders van 2, 5 en 11 verwaarloos en gereeld alleen gelaat.

Brig. Leonard Hlathi, 'n polisiewoordvoerder, verduidelik: "Alles het begin toe 'n bekommerde inwoner na 'n huis in Bushbuckridge is, waar die kinders sonder ouertoesig was.

"Die kinders het na bewering die vrou vertel hoe hulle fisies, emosioneel en seksueel mishandel is. N.a.v. die inligting blyk dit ok die 11-jarige meisie is deur die bejaarde man verkrag, soms selfs in die teenwoordigheid van haar ma."

Die vrou wie op die kinders afgekom het, het hulle na 'n naby geleë skool geneem, waar die skoolhoof die polisie laat roep het.

Die man en vrou is verlede maand, net vyf dae uitmekaar, gearresteer.

Terwyl die ma Donderdag borgtog van R1000 toegestaan is, bly haar boyfriend in aanhouding tot sy borgtog aansoek.

Die saak kom weer op 6 April voor. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters