7 maande gelede
Lugmag se vliegtuig val
val
'n Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag het Donderdag in die Kongo geval.  ~ Cyril Ndegeya / Twitter

'N VLIEGTUIG van die Suid-Afrikaanse Lugmag het Donderdag by die Goma-lughawe in die Demokratiese Republiek van die Kongo neergestort.

Siphiwe Dlamini, weermagwoordvoerder, sê die vliegtuig met 67 passasiers is ontplooi as deel van die United Nations Peacekeeping Mission.

"Die C130 van die Suid-Afrikaanse Lugmag  was oppad terug na Goma nadat dit logistieke voorraad in Beni afgelewer het toe die voorval plaasgevind het," sê Dlamini.

"Niemand is gedurende die landing beseer nie en 'n raad van ondersoek gaan saamgestel word om die omstandighede rondom die voorval te ondersoek."

Darren Olivier, direkteur van die African Defence Review, sê op Twitter dis die eerste ernstige ongeluk in meer as vyftig jaar waarin 'n vliegtuig van die lugmag betrokke is. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters