2 maande gelede
Lughawe staff met gesteelde goedere gevang
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Twee personeellede by die O.R. Tambo-lughawe is met selfone en 'n kamera op hulle gearresteer.  ~ Foto ter Illustrasie

SELFONE, kameras en selfs parfuum is oor die feesseisoen op personeel by die O.R. Tambo-lughawe gevind.

Twee personeellede is op Oujaarsdag gearresteer.

Samukelo Khambule, ‘n woordvoerder vir die lughawe, sê een van hulle het ‘n kamera onder sy klere weggesteek terwyl die ander een met twee broeke aan ses selfone op hom gehad het.

“Daar is ook personeel op 6 Januarie gearresteer met 'n bottel parfuum in hul besit,” sê Khambule.

- TimesLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters